Twee sterf in motorfietsongeluk

Foto: Emer-G-Med

Foto: Emer-G-Med

Twee mense is Saterdagaand dood nadat ʼn motorfiets teen ʼn voetganger gebots het op die N1 in Johannesburg.

Volgens Emer-G-Med het die ongeluk op die N1 noord naby die William Nicolrylaan-afrit in Fourways plaasgevind. Met paramedici se aankoms op die toneel is die motorfietsbestuurder, ʼn passasier en die voetganger in die regterkantste baan aangetref.

Die passasier en voetganger het reeds aan hul beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die motorfiets is kritiek beseer en paramedici het onmiddellik behandeling begin toepas. Die bestuurder is hierna na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese sorg.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Tiger ·

Wat maak ‘n voetganger op ‘n hoofweg?Ai dis als so onnodig!My simpatie met die oorledenes se familie en vriende en alle sterkte aan die motorfietsryer met sy herstel.

Hein ·

Kyk maar na al die voetgangers wat oor die snelweg hardloop by Hans Strydom, Proefplaas wisselaar. Taxis wat hulle passasiers aflaai langs die snelweg. Intussen sit die spietkops bankvas agter hulle spoedkameras teen die bult af vyftien kilometer oos van Hans Strydom waar daar geen voetgangers rondhardloop nie. Vir die laaste 4 maande sien ek geen metropolisie op die snelwee nie en dit gaan lekker rof. Die enigste manier hoe ‘n mens die hardloperry oor die snelwee gaan keer is om heinings in die middel van die snelwee op te rig. Waar die geld vandaan gaan kom weet niemand nie.

Flippie ·

As die verkeerspolisie werklik hulle werk doen sal hulle die voetgangers van die snelweë afhou. Dit is baie gevaarliker om ‘n snelweë te voet oor te sterk as om 140 kmpu op die snelweë te ry.

Maar nee die polisie draai ‘n blinde oog na die voetgangers. Dit lyk na baie werk. Die howe sal seker ook simpatiek staan teenoor die voetgangers. Alhoewel elke voetgangers op die snelweë is potensieël ‘n moordenaar.

Pieter dp ·

So sal jy by elke stop en robot en koelte boom ge stop word om jou voertuig na te gaan en jou bustuurs luksensie oor en oor bekyk te word. Dit gebeer soms tot 6 keer op een dag en so gaan dit dag vir dag. In Pretoria En naburige dorpies.

Maar nog steeds kry jy voetgangers op die snelwee. Ek het eendag ge tel op die N4 12 persone. U draai op N4 selfs deur metro personeel met ongemerkte voertuig. Moters wat oor sperstreepe verby gaan is net so skrik wekind.

Dis doen die Metro niks om ongeluke te voor kom nie maar iereteur die moteris met als behalwe dit wat saak maak.

Xa ·

Om in die snelweg te loop en dit regs van die vinnige baan is om te vra om te sterf. Mense moet ook nie so jaag dat hulle nie betyds kan stop nie want daar kan enige tyd enige mens of stilstaande kar of ding in die pad le, veral in die donker is dit gevaarlik.

Acca ·

By Villiers is al ‘n pad geloop weerskante van die snelweg en loop hulle kortpad oor die snelweg asof hulle reg van toegang het en is dit nou ook ‘n oplaai plek vir Taxi’s en dit alles terwyl die verkeer mense daar langs die pad sit en niks doen nie.

Fanie Meintjes ·

Volgens my kennis is dit onwettig vir voetgangers om op snelweë te wees. Lê die blaam op swak wetstoepassing, hulle stel meer belang op die maklike teikens.

Daniel ·

Ek het self in 2004 ‘n voetganger op die snelweg by die Samrand afrit raakgery. Dit is uiters gevaarlik en feitlik onoorkombare, selfs teen ”n relatiewe lae snelheid soos 100km/h. Voetgangers hoort nie op snelweë nie.

Pieter ·

Dalk wag die Metro Polisie dat OUTsurance daai deel van die werk ook doen soos hulle klaar in die oggende karre moet lei

Michelle Roos ·

En wat soek ‘n voetganger op die snelweg??????? Daar is deesdae net te veel voetgangers op die snelwee, doen die owerhede niks meer daaraan nie?

Roy ·

Ja SANRAL is ook skuldig want hulle moet ook patrollies ry om motoriste by te staan omdat dit hulle hoofwee is . Hulle moet ook sien dat daar nie voetgangers op snelwee is nie want dit is hulle wat op die ou einde die motoriste kaap en roof, maar hulle wil net betaling he maar geen diens lewer

Hein ·

Ek sien daar is nou ‘n nuwe Gauteng Traffic Patrol in swart motors. Nou wie sal die snelwee patroleer? JMPD, TMPD of hierdie nuwe ouens? Moet ons padgee vir die ongemerkte motors met blou ligte? Hoe meer onsekerheid daar is hoe lekker gaan dit natuurlik!

charlene ·

Dis baie tragies en dit kon vermy wees. Ek meen wat doek `n voetganger op die N1?? en dit nogal in die aand….. dis daai wat kastig seer gekry het langs di pad lê en as jy stop om te help word jy geroof. Ek is baie jammer die passesier moes omkom, en alle sterkte aan die familie. Aan die drywer, sterkte aan jou ook en hoop jy herstel gou. Moet jouself as nie blameer nie. Daai voetanger moes NIE daar gewees het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.