Twee sterf in motorfietsongelukke

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou is Sondag in ʼn motorfietsongeluk in Pretoria-Oos oorlede en nog ʼn motorfietsryer het Sondag in Pinetown in KwaZulu-Natal gesterf.

“Die vrou se motorfiets en ʼn motor het mekaar op die R50 in Pretoria-Oos reg van voor getref,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die vrou se liggaam het naby die wrak van die motorfiets gelê, maar sy was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.” Die drie persone wat in die motor gereis het, is ongedeerd.

Botha het gesê ʼn motorfietsryer het om ʼn draai gery op die M19 net voor Otto Volekweg in Pinetown toe sy motorfiets die pad verlaat het. “Die man het ʼn ent ver van die wrak af gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het hy bygevoeg. “Hy is op die toneel dood verklaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.