Twee sterf in Mpuma-botsing

ER24-ambulans Foto: ER24

ER24-ambulans Foto: ER24

Twee mans is Donderdagaand dood en ses mense is beseer in ʼn botsing reg van voor op die R40 buite Hazyview in Mpumalanga.

Volgens ER24 het twee motors reg van voor gebots en is een van die motors in ʼn veld sowat 100m van die pad af gevind. Paramedici het die motor in die veld deursoek en die liggame van twee mans gevind. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Ses mense, waaronder twee jong kinders, is in die botsing beseer. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.