Twee sterf in N1-kettingbotsing

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Twee mense is Donderdagaand dood in ʼn gru-ongeluk waarby ses voertuie betrokke was op die N1-Noord in Limpopo.

Kapt. Ntobeng Phala, woordvoerder van die polisie, het gesê die ongeluk het net voor 22:00 sowat 10 km buite Polokwane gebeur. “Vier motors en twee vragmotors was in die ongeluk betrokke. Twee mense is op die toneel dood terwyl nege beseer is,” het hy gesê.

Volgens Phala dui die polisie se voorlopige ondersoek daarop dat ʼn motor glo oor ʼn sperstreep ʼn ander voertuig probeer verbysteek het en in die baan vir aankomende verkeer gery het. Twee vragmotors wat in díe baan agter mekaar gery het, het probeer uitswaai, maar teen die motor gebots wat ʼn kettingbotsing veroorsaak het.

“Die twee persone in die motor is albei dood. Daar is reeds vasgestel dat hulle van Johannesburg na Venda onderweg was,” het Phala gesê.

Hy het gesê een van die vragmotors se bestuurders is sedert die ongeluk vermis en word deur die polisie gesoek. Hy wou nie bespiegel of die bestuurder van die toneel af gevlug het nie en het slegs gesê dat alle moontlikhede ondersoek word.

Phala het bevestig dat ʼn saak van strafbare manslag ondersoek word. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

anni ·

Altyd nog vir my die eienaardigste hoe die persone weghol na n ongeluk.

Bets Bothma ·

Sien so baie dat 2 of meer trokke so naby mekaar ry dat geen voertuig by hul verby kan kom nie, dan raak motoriste ongeduldig, want hul kan nie sien wat voor hul aangaan nie en vat dan kanse met gevolge soos die. Ek het dit n paar dae gelede ondervind-was seker 15 voertuie wat meer as 20km agter 2 groot voertuie moes ry sonder kans om verby te gaan.

DPJ ·

Oo die ongeduld wil mos so gou as moontlik by besteming kom het geen naaste liefde nie.
Verdowings middels(drank& dwelms), swak sig (oë) speel ook belangrike rol in verbysteek en eerste by besteming te kom.
Baie bestuurders kan ook nie afstand bepaal nie, veral in die nag.

Joleen ·

Dit is so ‘n alledaagse verskynsel op daardie pad. Ons het al daar gery dat dit lyk of dit ‘n 3 baan pad is soos wat ‘n kar ‘n trok verby vat en terwyl dit gebeur vat, ‘n derde kar die twee ander verby en dan kom daar nog karre van voor af wat moet uitswaai. Die mense wat op daardie pad ry verloor alle sin van verantwoordelikheid en pad reëls. Dit is ook nie die trokke se skuld nie. Hulle het net soveel reg as enige ander voertuig om die pad te gebruik.

Pietertjie ·

Ek stem 100% saam met Joleen: daar is selfs waarskuwingstekens op daai pad wat waarsku dat voertuie drie-drie en gelyktydig op ‘n enkelbaan-pad ry. Die noodbaan is mos ‘n verpligte ryvlak (selfs verkeersbeamptes druk mens in daai baan in), dan die enkelbaan, en die wydsbeen-strook oor die sper-strepe vorm die derde baan, draaie en blinde hoogtes inkluis: aankomende verkeer gee mos pad!
‘n Botsing soos hierdie vind plaas wanneer twee stelle driebaan-ryers by mekaar moet verbykom, want die sperstreep-baan dra verkeer in beide rigtings! Ek ry wye draaie om sulke stukke pad te vermy: daar is net géén salf te smeer aan die oortreders nie.

Elizabeth ·

Ons het Maandag via Schoemanskloofpas in Mpumulanga teruggekeer huis toe. Omtrent 90% swart bestuurders het nie gehuiwer om op ‘n dubbel sperstreep verby te steek nie. Dikwels was dit ook nog blinde hoogtes. Hulle gee nie ‘n snars om vir ‘n ander lewe nie. Maar daar is natuurlik baie wittes ook wat dink verkeersreels is net vir ander. Due verkeersowerhede hammer altyd op spoed en dronkbestuur maar gee nie om as gewone verkeersreels verbreek word nie. Hulle miet nig leer voorkoming is beter as genesing….

Tiger ·

Op pad Rustenburg toe Woensdag het twee luukse SUV’s ‘n ruk lank agter ons gery en skielik toe daar ‘n sper streep en blinde hoogte opduik vlieg hulle verby ons terwyl ‘n voertuig van vooraf aankom en mis hom rakelings!Wat besiel die mense ?Is hulle breindood?Ek dink ons sal almal maar vir ons “dash cams” moet kry sodat mens sulke morone aan die pen kan laat ry en klaar.

Jan ·

Ry ń bietjie van nelspruit na komatipoort as jy trokke wil sien wat verkeers reels verontagsaam soos bv. Volgafstande.

Gerald Rademeyer ·

Voertuie word verbygesteek op sperstreep , dit is normaal,waar is die verkeerspolisie beman die spoedkameras of hou padblokkades en tussen daardie aksies van hulle kan jy maar ry net soos jy wil en dan aan die einde van die paasnaweek het hulle soveel mense gevang vir spoed of dronkbestuur maar ongelukke wat veroorsaak word deur onpadwaardige voertuie of verontagsaming van verkeersreels niks daarvan nie hoeveel mense word beboet vir verbysteek op sperstrepe? Ek sal graag daardie statistiek wil sien.

Boerin ·

Strepe op die pad is prentjies wat witmense uitgedink het. Hoekom moet hulle dit gehoorsaam. Almal is nou vry – vry om te doen wat hulle wil, maar dan sterf daar soms onskuldige mense. Of onskuldige mense se voertuie word afgeskryf!

estelle ·

Ek glo dit maak baie mense kwaad ma ai almal weet dis vakansie kan ons nie meer geduld he! Ja drank speel groot rol. Dan wil ek iemand reghelp wat praat vd trokke asb. Lees mooi die trokke was aan ane kant die motoris het s baie se lewe op die spel gesit! Wat moet hulle doen! Plaas klim jy in trok en kyk hoe handle mens hom! Dan kry jy respek v hulle! Almal nie die selle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.