Twee sterf in NK-botsing

Argieffoto

Argieffoto

Twee vroue is dood in ʼn botsing tussen ʼn vragmotor en ʼn motor op die R31 tussen Barkly-Wes en Kimberley in die Noord-Kaap.

Lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê die motor se band het gebars waarna die bestuurder beheer verloor het. Die motor het reg van voor teen ʼn vragmotor gebots wat in die teenoorgestelde rigting gery het.

Volgens Tawana is die twee vroue, albei in hul 30’s, op die toneel dood en moes hulle liggame met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word.

Die bestuurder van die vragmotor en sy passasier is nie beseer nie. Volgens Tawana was die pad vir nagenoeg drie ure vir verkeer gesluit. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.