Op dieselfde dag dat ʼn skietgeveg tussen vermeende transitorowers en polisiebeamptes in Lombardy-Oos in Johannesburg uitgebreek het, is twee verdagtes tydens nog ʼn skietgeveg in Midrand deur polisiebeamptes doodgeskiet.
Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê dié twee verdagtes, asook ʼn derde verdagte wat in hegtenis geneem is, kan vermoedelik verbind word met verskeie ernstige geweldsmisdade in die stad se noordelike voorstede.
Volgens Dlamini het ʼn span speurders Vrydag ʼn verdagte voertuig in Kyalami opgemerk en die voertuig probeer voorkeer. Die bestuurder het egter weggejaag en die beamptes het die voertuig agternagesit.
“’n Hoëspoed-jaagtog en skietgeveg het gevolg totdat die verdagtes se voertuig teen die valhek van ʼn woonkompleks gebots het. Twee verdagtes is tydens die skietgeveg noodlottig gewond, terwyl die derde op die toneel in hegtenis geneem is. Daar is ook beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens en die voertuig wat vermoedelik gesteel is.”
Dlamini sê die polisiebeamptes het ongedeerd van die skietgeveg afgekom.
Die verdagte sal Maandag in die Alexandra-landdroshof verskyn op aanklagte van onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en besit van ʼn vermoedelik gesteelde voertuig.
Twee geregtelike doodsondersoeke word gedoen.
Maroela Media het vroeër berig ʼn skietgeveg het Vrydagoggend tussen polisiebeamptes en vermeende transitorowers in Lombardy-Oos uitgebreek. Twee mense het in die spervuur beland, ʼn veiligheidsbeampte en ʼn vrou wat slegs ʼn omstander op die toneel was. Albei is na ʼn hospitaal gehaas. Sewe verdagtes is in hegtenis geneem en daar is op verskeie vuurwapens beslag gelê.
Hulle gaan seker elkeen op R50 borgtog vrygelaat word as jy slegs R1000 hoef te betaal vir moord.
Of uit aanhouding ontsnap ???
Moet julle altyd so negatief wees?
Dankie SAPS dat julle die skelms vang!
Dankie vir jou positiewe kommentaar.
Dis gr8 nuus. Mooi SAPS. Gaan weg negatiewe mense ?
Soos in hengel – catch and release!
Is die geld dan nie in beslag geneem nie en word dus nie daarvoor aangekla nie
Ek mis seker iets
Skote Petoors! 5uit5 SAPS!
Hoeveel geld is in die agtersak gedruk voor die nuus versprei is? Sal nooit weet nie nê.
Ek wonder maar net wie se koeëls het die omstanders getref. Hoekom is daar altyd omstanders en hoekom gee hulle nie pad nie. Die veiligheidswag is die enigste ou wat ń rede gehad het om daar te wees. Anders omstanders moet mos onmiddellik padgee of dan ten minste plat val of skuiling soek of is hulle dalk nuuskierig.
As ek daai sak geld so kyk, dan is al die papier wat ek mors om kliënte te FICA ‘n reuse klug…..
My werkers bly almal in adreslose “shacks”, maar almal het selfone en bankrekenings. Ek glo ook jou FICA is ‘n reuse klug.
Nico, ek moes weer my akkreditasie aflê tov fica,fais, pocca, reëls en boetes ens, volgens wet hoort klomp regerings mense reeds in die tronk, klomp, geldwassery is aan die orde van die dag
Asseblief net nie bail toe stain nie. Anders help dit nie
As ek na die pakke note kyk is dit beslis nie kleingeld nie. Miskien moet Maroela die bedrag uitvind en bekend maak!
Great news. That money is very neatly stacked, as if it came directly from the bank.
Is dit al aanklagtes? Wat van poging tot moord (daar is op polisie en omstanders geskiet, die bedoeling was sekerlik nie net om te waarsku nie),?
Mooi SAP, skiet hulle maar moenie wond nie. Waar is die ander geld wat in die sak was?
Lekker, lekker nou werk DIE SAPS lede kliphard, ons, die belastingbetalers HOU van wat ons LEES Doen asb. so voort ???
Bakgat , komplimente vir die polisie
Wonder watter ras is dit .Mag seker ook nie vra nie want minister druk mos drukpers en kameras toe..