Twee sterf in ongeluk in Bloemfontein

Die twee mense wat in die een voertuig vasgekeer was, is blykbaar op slag dood. Foto: ER24

Twee mense is dood en vyf beseer in ʼn botsing op die Dealesvillepad in Bainsvlei, Bloemfontein, waarby twee voertuie betrokke was.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê hul paramedici het net ná 23:30 op die toneel aangekom en provinsiale en ander nooddienste reeds aangetref by twee voertuie wat in die middel van die pad was.

Twee mense was in die voertuig vasgekeer, sê Meiring. “Ongelukkig het hulle reeds aan hul beserings beswyk.”

Paramedici het na nog vyf pasiënte omgesien. “Twee het ernstige beserings opgedoen en drie ander geringe tot matige beserings.”

Hulle is almal eers op die toneel behandel voor hulle na die Pelonomi-hospitaal vir verder behandeling gebring is.

Meiring sê dis nie duidelik hoe die ongeluk gebeur het nie, maar die polisie was op die toneel om die oorsaak daarvan te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.