ʼn Volwassene en ʼn kind is dood en tien mense beseer in ʼn trompop botsing tussen ʼn bakkie en ʼn motor op die R617 naby Bulwer, sowat 50 km suidwes van Pietermaritzburg.
Paramedici het Donderdag omstreeks 10:20 op die toneel aangekom waar hulle ʼn bakkie op sy sy aangetref het, terwyl die motor op sy wiele langs die bakkie gestaan het, sê Russel Meiring, ER24-woordvoerder.
Talle mense het oor die toneel versprei gelê. By nadere ondersoek het paramedici ʼn man aangetref wat vasgevang was aan die passasierskant van die motor terwyl ʼn meisie, vermoedelik twee jaar oud, in die pad aangetref is.
“Albei is op die toneel dood verklaar,” sê Meiring.
Nog tien pasiënte is op die toneel behandel vir beserings wat van gering tot matig gewissel het. Hulle is na nabygeleë hospitale vir verder behandeling geneem, sê Meiring.
Dubbel kajuit bakkie vat wettiglik 5 passasiers, en n sedan ook 5. 12 mense was betrokke by die ongeluk! (2 oorlede en nóg 10 beseer). Dan wonder ons waarom is die beserings en dodetal so “sky-high” in die land…..
Met innige simpatie aan die oorledendes en sterkte vir die herstel aan die beseerdes, moet ek by-las!
Padreels bestaan net nie meer nie. Onskuldige mense sterf daagliks, hartseer. Wil nie hiérdie tyd op die paaie wees nie, ry maar Jan tuisbly se kar.
Ai tog. As die mense net alleenlik sperstrepe wil gehoorsaam sal die steftes beslis afneem
Bly eerder by die huis.