Twee sterf in ongeluk op N1

Die ongeluk het op die N1 onder die Ontdekkersbrug in Florida gebeur. Foto: ER24

Twee mans is dood in ʼn botsing tussen ʼn vragmotor, ʼn motor en ʼn motorfiets op die N1-noordwaarts onder die Ontdekkersbrug in Florida, Gauteng.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê toe paramedici Woensdag kort ná 13:30 op die toneel aankom, het hulle ʼn vragmotor aangetref waar dit teen die versperrings langs die snelweg in die rigting van die aankomende verkeer gestaan het. Die motorfiets was in die middel van die snelweg en die motor aan die kant van die pad.

“By nadere ondersoek het die paramedici in die vragmotor op die liggaam van die bestuurder – ʼn man in sy 50’s – afgekom,” sê Meiring. “Die motorfietsryer – ʼn man in sy 30’s – het onder die vragmotor gelê.”

Nadat hulle ondersoek is, is vasgestel albei oorledenes het veelvuldige beserings opgedoen en is blykbaar op slag dood.

Meiring sê die bestuurder van die motor is ook ondersoek, maar hy is nie beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

IK ·

Wat het hier gebeur? Die eindresultaat is duidelik te siene waar twee dood is en nie kan vertel oor wat gebeur het. Wat wel seker is is dat daar diegene is wat die ongeluk moes gesien het maar net doodeenvoudig nie wou betrokke raak en aanhou met ry het. Ja, dit het ek gesien by ‘n kruising waar ten minste 12 ander voertuie die ongeluk moes gesien het maar net ek het stilgehou om die verwagtende dame te help wat gelukkig net uiters geskok was en nie ander beserings opgedoen het. Maak kameras wetlik verpligtend vir alle voertuie om raaiwerk uit te skakel. Dan sal die windgaaie ook 2x dink.

Die Willem ·

Dis baie hartseer om te dink dat die mense uitgegaan het om te werk en daan nooit ooit weer huis toe kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.