Twee sterf in ongeluk op N1

’n Minibustaxi het Dinsdag teen ‘n hoogte langs die N1-noordwaarts in Midrand afgerol. Twee mense het omgekom. Foto: ER24

Twee mense is Dinsdag dood en agt beseer nadat ʼn taxi op die N1-noordwaarts tussen Allendale en New Road in Midrand, Gauteng, omgeslaan het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê toe hul paramedici saam met dié van ander nooddienste op die toneel aankom, het hulle gesien die minibus het teen ʼn hoogte langs die snelweg afgerol.

“Talle mense is aangetref waar hulle oor die toneel versprei gelê het. By nadere ondersoek het paramedici op twee vroue se liggame afgekom waar hulle naby die voertuig gelê het. Niks kon vir hulle gedoen word nie.”

Nog agt mense is op die toneel ondersoek. Hulle het van matige tot ernstige beserings opgedoen en is na nabygeleë hospitale vir behandeling gebring.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leon ·

En so is dit die derde taxi in drie dae waar daar sterftes is!
Daar sal verseker niks aan gedoen word nie. Simpatie vir die onskuldige passassiers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.