Twee sterf in ongelukke op snelweë

Twee motors het tydens die ongeluk in Durban teen bome langs die snelweg tot stilstand gekom. Foto: Rescue Care

ʼn Motorfietsryer is Saterdag in die vroeë oggendure in ʼn ongeluk op Edwin Swalesrylaan naby die M4-Bluff-afrit in Durban dood.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, sê hulle skat die oorledene was nagenoeg 30 jaar oud. Hul paramedici het omstreeks 01:20 op hom afgekom waar hy kritiek beseer is.

“Spesialisparamedici is ontbied en het sowat ʼn uur lank probeer om hom by te bring, maar sy beserings was so ernstig dat hy op die toneel beswyk het,” sê Jamieson.

Geen ander voertuig was by die ongeluk betrokke nie. Die polisie ondersoek nog die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het.

In ʼn afsonderlike voorval Saterdag omstreeks 07:00 is een persoon dood en drie beseer in ʼn ernstige botsing op die M1-Higginson-snelweg, ook in Durban.

Jamieson sê twee voertuie het blykbaar op die snelweg gebots en is toe teen die wal langs die pad af, waar hulle teen bome tot stilstand gekom het.

“Drie insittendes was erg vasgevang in die wrak en die Durbanse brandweer moes lewenskake gebruik om hulle los te kry,” sê hy, “terwyl paramedici hulle toestand in die voertuig bestendig het.”

Nadat hulle bevry is, is hulle versigtig teen die wal uitgedra na ambulanse wat langs die snelweg gewag het.

“Die bestuurder van een van die voertuie het ernstige beserings opgedoen en kon hulle hom nie red nie,” sê Jamieson. “Die drie ander insittendes se beserings wissel van gering tot matig.”

In dié geval is die omstandighede wat tot die botsing aanleiding gegee het, ook nog onduidelik, maar die polisie was op die toneel om dit te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sê Wie ·

Edwin Swales Drive is “NOU” Solomon Mahlangu Drive.
Maar tog bly ons ou garde verwys na ES Drive…..

Andre ·

Seker omdat Edwin nie ‘n krimineel was en wel iets nagelaat het.

Jan ·

As julle ou afrikaners sterker en slimmer as die anc was sou jullle nog sie name kon kies…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.