Twee mense is Donderdag tydens ’n betoging in Caledon in die Wes-Kaap dood.
Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.
Traut het gesê die voorval is by die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) aangemeld wat die voorval sal ondersoek.
Volgens Hugo Geldenhuys, woordvoerder van die Theewaterskloof-munisipaliteit, het die betoging vanoggend vir chaos in die hoofstraat van dié dorp gesorg. “Hulle het ook op die Hermanuspad op pad na Hemel en Aarde toe betoog en die pad na Bredasdorp is gesluit.”
Geldenhuys het verduidelik dat dit nie duidelik is waaroor vandag se betoging gegaan het nie. Hy het wel bevestig dat dié betoging nie deur die munisipaliteit goedgekeur is nie. “Dit was nie ʼn gemagtigde protesoptog nie,” het Geldenhuys gesê.
Hy het gesê dat daar aanvanklik ʼn aansoek vir ʼn betoging vir vandag by die munisipaliteit ingehandig is wat verband hou met behuisingskwessies. Dié aansoek is egter van die hand gewys, maar wel goedgekeur vir eerskomende Dinsdag.
“Ons kan dus nie sê dat die betogers van vandag dié is wie se aansoek aanvanklik afgekeur is nie,” het Geldenhuys gesê.
Christelle Vosloo, die plaaslike burgemeester, het haar medelye met die oorledenes se naasbestaandes uitgespreek. “Twee mense is dood in ʼn ongemagtigde protesoptog. Dit wys net weer die gevaar van protesoptogte van dié aard.
“Tog moet daar nie vinger gewys word nie. Die feit is dat twee mense van die gemeenskap dood is. Dit moes nie gebeur het nie. Ek doen ʼn beroep op die gemeenskap om nie nou verdeeld te wees nie, maar eerder na mekaar uit te reik en mekaar te omarm sodat hulle as ʼn eenheid hierdie tragedie kan verwerk,” het Vosloo gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
26 Kommentare
Hou op betoog en gaan werk dan sal julle bly lewe. Wat verdien hierdie betogers per maand wonder ek as hulle meer in die strate rondspring as om te werk.
As ‘n betoging werklik vreedsaam is en sonder geweld en vernietiging van eiendom gepaard gaan, sal daar nie sterftes wees nie.
OP die verkeerde tyd op die verkeerde plek want Jou Werkgewer het vir Julle by die Werkplek gewag ?
Raai wie gaan nie weer in die strate betoog en amok saai nie? Les geleer op die harde manier.
Nee maar dis reg! Well done SAPS!