Twee sterf in onwettige betoging

Argieffoto: SAPD

Twee mense is Donderdag tydens ’n betoging in Caledon in die Wes-Kaap dood.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Traut het gesê die voorval is by die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) aangemeld wat die voorval sal ondersoek.

Volgens Hugo Geldenhuys, woordvoerder van die Theewaterskloof-munisipaliteit, het die betoging vanoggend vir chaos in die hoofstraat van dié dorp gesorg. “Hulle het ook op die Hermanuspad op pad na Hemel en Aarde toe betoog en die pad na Bredasdorp is gesluit.”

Geldenhuys het verduidelik dat dit nie duidelik is waaroor vandag se betoging gegaan het nie. Hy het wel bevestig dat dié betoging nie deur die munisipaliteit goedgekeur is nie. “Dit was nie ʼn gemagtigde protesoptog nie,” het Geldenhuys gesê.

Hy het gesê dat daar aanvanklik ʼn aansoek vir ʼn betoging vir vandag by die munisipaliteit ingehandig is wat verband hou met behuisingskwessies. Dié aansoek is egter van die hand gewys, maar wel goedgekeur vir eerskomende Dinsdag.

“Ons kan dus nie sê dat die betogers van vandag dié is wie se aansoek aanvanklik afgekeur is nie,” het Geldenhuys gesê.

Christelle Vosloo, die plaaslike burgemeester, het haar medelye met die oorledenes se naasbestaandes uitgespreek. “Twee mense is dood in ʼn ongemagtigde protesoptog. Dit wys net weer die gevaar van protesoptogte van dié aard.

“Tog moet daar nie vinger gewys word nie. Die feit is dat twee mense van die gemeenskap dood is. Dit moes nie gebeur het nie. Ek doen ʼn beroep op die gemeenskap om nie nou verdeeld te wees nie, maar eerder na mekaar uit te reik en mekaar te omarm sodat hulle as ʼn eenheid hierdie tragedie kan verwerk,” het Vosloo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Alida ·

Hou op betoog en gaan werk dan sal julle bly lewe. Wat verdien hierdie betogers per maand wonder ek as hulle meer in die strate rondspring as om te werk.

Johan ·

As ‘n betoging werklik vreedsaam is en sonder geweld en vernietiging van eiendom gepaard gaan, sal daar nie sterftes wees nie.

Anoniem ·

OP die verkeerde tyd op die verkeerde plek want Jou Werkgewer het vir Julle by die Werkplek gewag ?

Helena. ·

Raai wie gaan nie weer in die strate betoog en amok saai nie? Les geleer op die harde manier.

Emma ·

So leer n mens as jy nie wil werk nie ek het geen simpatie met hulle nie. Ten minste het die SAP hul werk gedoen

GM ·

Alida, ek sal ook graag wil weet. Die gewone salaristrekkers sukkel om kop-bo-water te hou al is hul elke dag by die werk, en dié mense dans rond en lyk vet en gesond.

Ma ·

Ek werk vir slegs kommisie. No work no pay. Ek probeer soveel moontlik by my werk wees om soveel mointlik kliënte te help. Dalk is dt omdat teveel mense vaste salarisse kry dat hul sommer net vir alles en enige iets wegbly. Glo my ons het geen probleem met mense wat wegbly vir nonsens nie. ?‍♂️?‍♀️

ulinda ·

hulle eis van Sassa vir ma, pa en die 14 kleintjies….. hulle hoef nie soos ons te werk

Getroue werker ·

Werk vir kommisie en di probleem is opgelos. Dis mense met vaste salarisse wat wegbly vir als en enige rede. No work no pay!

jinx ·

Hulle gaan nog alles verwoes!
3Laat niemand julle op enige manier mislei nie.
Die Dag van die Here sal nie aanbreek voordat die opstand eers gekom en die wettelose mens, die mens wat vernietiging bring, na vore getree het nie.
4Hy sal hom verset teen alles wat god genoem word en hom verhef bo alles wat ’n voorwerp van aanbidding is.
Sy doel is om in die tempel van God te gaan sit en voor te gee dat hy self God is.

Willem van der Merwe ·

Die polisie moet ondersteun word anders gaan die onwettige betogings net verder buite beheer spiraal.

willem Botha ·

Hoe moet mense die polisie ondersteun as niemand hulle vertrou nie ?

fred ·

wees nou eerlik…al die gestaak,betoog en protest aksies werk ……dit lyk die enigste manier te wees om aandag op probleme in hierdie land te vestig……die overheid luister nie na beskaafde,ordentilike diskussies…..hierdie land is op pad na anargie en dit beteken geweld….take it or leave it

Jean ·

Ek kan nie se “my hart bloei” nie…wat jy saai sal jy maai ! Hierdie betogery vir enige iets en als bring ons land op sy kniee ! Ek wou ook al lankal n geweldadige betoging hou maar ek hou my in!

Anoniem ·

Hoor is min want so gaan die betoging net aan en aan ! So word die pad gebruikers verhinder om die pad te gebruik waarvoor dit GEBOU is ?

Annie Webb ·

Ons woon in Durbanville en het ‘n klein plekkie in die Hermanus-omgewing. Gedink ons kan dalk daar aftree, maar daar is die afgelope jaar of so voortdurend betogings wat toegangspaaie sluit. Dus koebaai Overstrand vir aftrede. Vermoede is ANC ry betogers en plakkers aan omdat dit ‘n DA-munisipaliteit is en hulle sulkes se geldkoffers soek. Ergste vir my is die tradisionele “bleeding heart liberals” wat Hermanus vol sit en twak glo, soos dat mense betoog oor hulle “arm en honger” is en dat die “community” net die armes moet ophef en “insluit”, en vir hulle werk skep én hulle daarvoor oplei, dan sal dit hemel op aarde wees. Sulke idiotiese naïwiteit laat mens wonder hoe sulke mense bly lewe. Hulle skel gedurig die munisipaliteit, dus aanvaar ek hulle stem ANC.

@Annie Webb ·

Is tans in Hermanus vir vakansie, het ook ‘n plek hier wat ons gehoop het sou ons aftree huisie wees; onrusbarend hoe die mense vertel dat Zwelihle daagliks uitbrei ná die betogings oor behuising verlede jaar. Almal kom staan reg vir verniet huise. Mooi Hermanus voel egter die ekonomiese knyp – betogings en padversperrings het mense in Desember verlede jaar al ontmoedig om hier te kom vakansie hou, veral nou wanneer vakansietye verkort word weens finansiële druk en ‘n swak ekonomie. Hier is reeds etlike besighede wat toemaak, dus sal meer sonder werk wees binnekort. So ly die toerisme- afhanklike ekonomie van Hermanus (en ander vakansie bestemmings) onder betogers en protesaksies, waar hulle “demand ” vir alles verniet, maar te onnosel is om te besef die skade wat hulle veroorsaak, dryf die ekonomie wat vir hulle moet voorsien in bankrotskap in.

Schalk ·

Ooraaak is plakkers wat aangery word en dan huise moet kry nie soos ander wat n pot moet krap om dak oor jou kop te he nie.Waar kom die mense vandaan dis tyd vir beheer op weier basis .Baie suid afrikaners hou net net kop bo water dan verhoed hiedie onwettige …….. ons om te werk so sorry geen simpatie almal weet wat is reg en wat is verkeerd en weet dit al van 3 jarige ouderdom af.Jou dade het gevolge so betaal ons almal die prys.

willem Botha ·

Ek hoop die ontevrede betogers wys hulle ontevredenheid by die stembusse deur vir die VF+ te stem.

Dit was tyd ·

DIT MOES GEBEUR HET .. as polisiemanne en sekuriteitswagte in ONWETTIGE STAKINGS sterf dan knip NIEMAND ‘n oog nie . .die ONWETTIGE GEWELDDADIGE stakers dreig die polisie .. hulle bedreig mense se lewens, en hulle maak selfs ander mense dood en beskadig eiendom en brand trokbestuurders en hulle trokke uit of rand hulle aan …. so hoekom mag hulle nie aan geraak word nie?? EK IS JAMMER, maar as jy jou uitgee vir ‘n toffie moet jy gekou word, as jy mense se karre met klippe bestook, brandende bande op die paaie plaas, mense met machetes en bakstene dreig dan is jy ‘n GEVAAR vir iemand se lewe en MOET JY GESTOP WORD, met watter aksie ookal.~!~

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.