Twee sterf in Potch-botsing

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Twee mense is dood en vyf beseer in ʼn botsing reg van voor op die N12 buite Potchefstroom.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is kort voor middernag na die toneel sowat 18 km buite Potchefstroom ontbied.

Twee mans, die bestuurder van en passasier in een van die motors, is op die toneel dood verklaar.

Die vyf mans in die ander motor is matig tot ernstig beseer. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle na die Potchefstroomse provinsiale hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.