Twee sterf in Potch-botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mans is dood nadat ‘n motor en ‘n motorfiets Sondag buite Potchefstroom in Noordwes gebots het.

Volgens ER24 is die bestuurder van die motorfiets en die bestuurder van die motor in die botsing dood. Albei was glo in hul 30’s.

Twee vroue, ‘n man en ‘n sewejarige kind was almal insittendes in die motor en het matige beserings opgedoen.

Hulle is op die toneel behandel voor hulle na die Potchefstroom provinsiale hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.