Twee sterf in Potch-vliegongeluk

'n Ravin-vliegtuig. Argieffoto

‘n Ravin-vliegtuig. Argieffoto

Twee mans is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Donderdag by die Potchefstroom-lughawe in Noordwes neergestort het.

Sers. Kealeboga Molale, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat twee mans, onderskeidelik 28 en 38 jaar oud, in die ongeluk dood is. Die vliegtuig het omstreeks 10:00 neergestort en aan die brand geslaan. Daar was geen ander mense aan boord nie.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die burgerlugvaartowerheid ondersoek,” het Molale gesê.

Volgens Aviation Safety was die ligtevliegtuig ʼn Ravin 500 en is dit onherstelbaar beskadig.

Die name van die oorledenes kan nog nie bekendgemaak word nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ester Lötter ·

Dit is met die grootste hartseer dat ons vanoggend moes verneem van die verskriklike ongeluk van ons beste vriend, John Higgs (59jr) met sy Raven vliegtuig in Potchefstroom. Hy was ñ brillante vlieënier, het die toekenning gekry vir die beste komersiële vlieënier in die wêreld, iets waaroor hy nooit gepraat het nie, omdat hy so nederig was. Hy en sy werktuigkundige, Andrew, het opgestyg vanaf Potchefstroom en was oppad terug na Pretoria. Hy sou môre weer vertrek het na Singapore waar hy in beheer was van ñ maatskappy se vloot Global Express vliegtuie. Ons het ñ brillante vlieenier verloor en ñ wonderlike vriend. Ons hart gaan uit na sy ouers, seun en dogter, familie en vriende. Mag ons Hemelse Vader julle dra in hierdie verskriklike tyd. Vind troos daarin dat hy besig was met dit waarvoor hy lief was, toe hy van ons weg geneem is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.