Twee sterf in Pta toe motorfiets voetganger tref

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

Twee mans is Vrydagoggend dood toe ʼn motorfiets ʼn voetganger in Centurion getref het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 06:40 op Ou Johannesburgweg oor die N1-snelweg plaasgevind.

“Die voetganger, vermoedelik in sy 30’s, se liggaam is in die middel van die pad aangetref toe paramedici by die toneel opgedaag het. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Meiring het gesê die motorfietsryer, óók glo in sy 30’s, is óók in die middel van die pad aangetref, ʼn entjie van die motorfiets af.

“Sy toestand het vinnig verswak. Paramedici het nagenoeg 40 minute gepoog om hom by te bring, maar dit was onsuksesvol en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie ondersoek die presiese omstandighede rakende die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Nadia ·

Wat soek ‘n voetganger op die hoofweg? Nou het hy nie net sy eie lewe gekos nie maar ook die van ‘n onskuldige mens

Johann ·

Hi Nadia. Dit was nie op die snelweg nie, maar op die Ou-Johannesburg pad (op die brug wat dit wel bokant die N1 snelweg is).

Linda Koekemoer ·

My Seun ook so dood agv n idioot wat op die snelweg geloop het

Centurion ·

Ek was oppad werk toe, en moes omdraai omdat die pad toegemaak is. Die ou Johannesburg pad is nie ‘n hoofweg nie. Die pad loop OOR die N1 hoofweg. Simpatie aan die oorledenes se familie.

Annie ·

Dit is baie hartseer maar wat soek die voetganger daar, soos julle seker almal weet hulle kan nie afstand skat nie en nog minder spoed van aankomende verkeer. Motorfiets bestuurder gaan seker nou nog vir mansslagting ook aangekla word.

Johann van Cullinan ·

Die motorfietsryer is dood. Hy kan nie aangekla word nie.

Swannie ·

Annie, lees en presteer.
Die motorfietsryer is OOK dood.

Ai, ek ondersteun sommer #AFRIKAANSMUSTFALL wanneer Afrikaanssprekendes nie hul eie taal verstaan nie.

Theresa ·

Hartseer. Simpatie aan familielede van albei. Jammer die voetganger het nie gewag vir alle verkeer om eers verby te ry nie…

Tanya Beardsley ·

Ek vind dit baie sleg dat julle geen simpatie het met enige een van die 2 wat gesterf het in die ongeluk nie, die voetganger het die reg gehad om die pad te gebruik net soos die motorfiets ryer. Wie se vir julle die motorfiets ryer het nie die spoed oorskry en gejaag nie. Ek het vanoggend ongelukkig deur die toneel gery, Die voetganger was in stukke die hele pad vol, die motorfiets ryer het baie ver van hom af gele en die motorfiets was by die verkeerslig waar jy draai om op die hoofweg te gaan, hoe in hemels naam is die toneel so groot as hy nie gejaag het nie. Waar is julle menslikheid om net te blameer en geen simpatie te he met enige iets wat gebeur het nie. Ek sit al die hele dag met die prentjie in my kop en kan nie dink hoe ek sou gevoel het as enige een van die 2 een van my familie lede sou gewees het nie. Ek sal myself dood skaam as ek julle was!

My simpatie gaan uit na beide mans se familie toe, mag die Here altwee hulle families omvou en net die krag sal gee om met die afsterwe van hulle geliefdes te kan deel

linda ·

dit was iets verskriklik en ek het dadelik besef nie een van die arme 2 het vanoggend gedink hulle sal so dood gaan nie,
Daar was beslis spoed betrokke daar was ook ‘n Taxi aan die regterkant wat lyk of dit iemand getref het.

ek weet ·

Klink of hier baie kenners is. Weet jy dalk hoe ver n motorfiets kan gly op n teerpad as hy op sy kant le teen 60km/h of 80km/h. En ja,die voetganger het ook die reg gehad om die pad te gebruik,BY N VOETOORGANG! Voor almal baas speurder wil speel,he eerder simpatie en vee jou eie stoep skoon. Die mense in ons wereld maak my siek.

Realis ·

Ek bly baie naby daai deel van die Ou Johannesburg pad in Centurion. Ek kan bevestig dat jy veral vroeg oggend sowel as laatmiddag motorfietse hoor teen helse hoe spoed op en afjaag op daai pad. Ek sit daai tyd van die dag op my spoed en wag partykeer net vir ‘n “crash” geluid as hulle so jaag. Dis nie alle motorfietsryers nie, maar meestal die ouens op die sogenaamde “super bikes”….. So glad nie verbaas oor die ongeluk nie. Tragies, maar die goed gebeur wanneer mense nie algemene reels gehoorsaam nie…..

Realis ·

Regstelling – ek sit op my stoep, nie spoed nie!!! Spoed in my kop oor die voorval….

Tino ·

Dit is tragies van die motorfiets ryer, my inige simpatie vir hom en sy familie.
Daar is ‘n rede hoekom “Jay walking” teen die wet is en hier sien ons die rede. Daar hardloop gereeld onwettig mense oor snelwee en besige paaie, ek het daagliks noue ontkominge maar die mense verstaan dit nie. Daai afrika land en platteland waar hulle vandaan kom is daar nie sulke goed nie.

Tanya Beardsley ·

Lees die artikel, die voetganger was nie op die hoofweg nie. Hy het wettiglik op die brug geloop wat oor die hoofweg gaan.

rejaune maree ·

Kan nie glo dat mense so met mekaar kan redineer as nie een van julle weet wat daar gebeur het nie. Ongelukkig as ‘n ongeluk gebeur is die toneel gesaai van mense, bv die motorfietsryer sal natuurlik ver van sy fiets afle, die voetganger sal natuurlik seerkry. Mense lees net en oordeel ek dink almal het empatie met sulke botsings , want ‘n ongeluk kan verhoed word.

Du P. ·

Realis, jy het spoed-ig jou fout reggemaak. Feit is, voetgangers is n probleem op feitlik elke pad in hierdie droewige landjie!

Hartseer ·

Van julle is goor. Een van die betrokkenes was ‘n vriend. Hê respek!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.