Twee sterf in seiljagongeluk

strand_sand_golwe_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Twee mense is Maandag dood nadat ʼn seiljag naby Bokpunt aan die Weskus gestrand het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die nasionale seereddingsinstituut (NSRI), het aan Maroela Media bevestig dat ʼn man en vrou in die voorval dood is. ʼn Derde passasier het glo die ongeluk oorleef.

Volgens Lambinon was noodpersoneel teen 10:30 steeds besig op die toneel. Dit is nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie en geen verdere besonderhede is in hierdie stadium bekend nie.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

DPJ ·

Ja weer ‘n geval van see ervare mense wat so tragies eindag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.