Twee sterf in septiese tenk op plaas

Argieffoto (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Twee mans is dood en ʼn derde het asemnood opgedoen toe hulle aan ʼn septiese tenk op ʼn plaas in Klipheuwel in die Wes-Kaap gewerk het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê toe paramedici Sondagmiddag omstreeks 13:30 by die toneel opgedaag het, het een van die mans langs die put gestaan en gesukkel om asem te haal.

“Een man het geringe asemhalingsprobleme opgedoen. Die ander twee mans het ongelukkig geen teken van lewe getoon nie,” het hy gesê. Hulle liggame is uit die put gehaal. “Niks kon vir hulle gedoen word nie en hulle is op die toneel dood verklaar.”

Die persoon met asemhalingsprobleme is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die mans het glo in die septiese tenk gewerk toe die walms hulle oorval en hulle asemhalingsnood opgedoen het. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frank John ·

Hoekom dra hulle nie maskers nie? Kannie glo hulle het sonder maskers gewerk nie

Mieke ·

Ongelukkig is sulke walms heeltemaal te sterk vir ‘n masker!

Aggie ·

Is dit nie standaard prosedure dat mense wat in septiese tenke werk gasmaskers moet dra nie? Lyk vir my na ‘n probleem vir die munisipaliteit, of is dit ook ‘n “dooie” munisipaliteit ?

Prikkie ·

Metaangas is dodelik, en ek is nie 100% seker nie, maar ek dink nie dat ‘n mens die gas self kan ruik nie.

Ai, dit is tragies om jou lewe op so ‘n manier te moet verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.