Volgens die polisie is twee taxi-eienaars omstreeks 18:00 buite die winkelsentrum doodgeskiet deur twee mans in ʼn wit VW Polo. Die verdagtes het die twee taxi-eienaars genader waar hulle op ʼn sypaadjie buite die winkelsentrum gestaan het en vir ʼn taxi na Johannesburg gevra.
Die taxi-eienaars het glo verduidelik waar om die regte taxi’s te kry toe die twee insittendes van die Polo vuurwapens uitgeruk en op hulle losgebrand het. Nog drie taxi-eienaars wat in die omgewing was tydens die skietery kon daarin slaag om te ontsnap. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.
In Mei vanjaar, kort ná die winkelsentrum se amptelike opening, is drie mense sowat 500 m van die ingang geskiet. Die skietery het glo ook met taxigeweld verband gehou. Minstens vier mense is op die toneel in hegtenis geneem.
Onwettige vuurwapens is te maklik bekombaar in die piesang republiek.
Nerens meer veilig geen respek vir mense lewens
Taxi mafia. Wanneer gaan hulle op ons begin skiet as ons hulle nie toelaat om pad reels net eenvoudig te verontagsaam nie? Ek ry alreeds ‘n draai huis toe in die middag want ek kon die blatante verontagting van die wet en padreels nie meer verdra nie, en jy weet mos … toe bek is ‘n heel bek!
Te dom om die vryemarksisteem te verstaan.
Dis ‘n vreeslike plek daai. Ek gaan koop maar liewers op ‘n ander plek – Dankie.
Ek wonder maar net wat is by daardie Mall wat nie by enige ander Mall is nie. Lyk my dit is ‘n gevaarlike plek !!!!
Moet nie naief wees nie. Die mall is nie meer gevaarlik as ander malls nie, nie vir kopers nie. Dit gaan oor taxi geweld hier so as jy gaan inkopies doen en jy ry nie heeltyd ander mense aan nie is jy veilig.