Twee sterf in skietery in Benoni

Die vermeende rowers wat Saterdag in Benoni in hegtenis geneem is. (Foto: Arrive Alive)

ʼn Gesamentlike poging deur wetstoepassingsowerhede om ʼn sakerooftog in Benoni aan die Oos-Rand te stuit het Saterdag tot ʼn oor-en-weer-skietery tussen rowers en polisie- en veiligheidsbeamptes gelei.

Twee rowers is op die toneel doodgeskiet terwyl vyf ander verdagtes in hegtenis geneem is.

Die span het uit lede van verskeie polisie-eenhede, die Valke en private sekuriteitsmaatskappye bestaan.

Luidens ʼn verklaring deur die polisie het die span die verdagtes dopgehou en twee motors – ʼn wit Mercedes-Benz met vier insittendes en ’n silwergrys Polo Vivo met drie insittendes – in Brentwoodpark onderskep.

ʼn Skietery het uitgebreek en twee verdagtes is op die toneel dood.

Die polisie het ook op vier vuurwapens beslag gelê.

In ʼn afsonderlike voorval in Ennerdale, suid van Johannesburg, is een verdagte Vrydag doodgeskiet kort nadat hy en sy twee medepligtiges ʼn kettingwinkel in dié gebied beroof het.

Ook in dié geval het ʼn oor-en-weer-skietery tussen die polisie en die verdagtes uitgebreek.

Die polisie het die ander verdagtes in hegtenis geneem en beslag gelê op drie vuurwapens.

Die verdagtes sal eersdaags in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Danie ·

Veels geluk aan die sap die valke en die veligheidspersoneel.
Wel gedaan.
Nou moet julle net vir nog skietlesse gaan.

Christine ·

Ons land is besig om in ‘n ‘ gangster state ‘ te ontaard. Die kriminele neem oor, en soms is die polisie nog saam in met hulle. Dit gaan net erger word.

Jennifer ·

Virseker ja. Dis waarom ek maar die organisasies ondersteun wat aan onafhanklikheid van die Kaap werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.