Twee sterf in Suidkus-botsing

Die motors se wrakke. Foto: Netcare 911

Die motors se wrakke. Foto: Netcare 911

Twee mense is Vrydagoggend dood, nadat drie voertuie op die N2-snelweg buite Hibberdene in KwaZulu-Natal gebots het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 06:00 plaasgevind.

Volgens Mathe het ʼn tienermeisie saam met haar ouma en oupa in een voertuig gery en twee bestuurders was alleen in hul voertuie.

“Dit is nog nie bekend wat tot die botsing gelei het nie. Dit sal deel vorm van die polisie se ondersoek,” het Mathe gesê.

Die bestuurder van ʼn swart Audi en die tienermeisie was reeds dood toe paramedici van verskeie nooddienste by die toneel opgedaag het. Albei is op die toneel dood verklaar.

Die ouma het kritieke beserings opgedoen en die oupa geringe beserings. Die bestuurder in die ander voertuig het ook geringe beserings opgedoen.

Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling en waarneming.

Nooddienste op die toneel. Foto: Netcare 911

Nooddienste op die toneel. Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Elize C ·

Verskoon tog as ek dalk vanoggend sommer net geirriteerd is, maar regtig……ek kan dit nie meer hanteer dat daar by ELKE berig ivm ‘n voertuig-ongeluk, kommentaar is wat onmiddellik SPOED die skuld gee. Jinne mense, die spoed waarteen ‘n voertuig beweeg het, het soms absoluut NIKS met ‘n ongeluk te doen nie. Ek het in my leeftyd al beleef dat persone wie teen ‘n beheersde hoër spoed ry, baie minder nalatig of roekeloos op die pad is, en ook al gesien hoe ‘n voertuig wat teen die “regte” of laer spoed beweeg, merske ongelukke veroorsaak. Dit is wanneer jy ‘n roekelose/nalatige bestuurder meng met hoë spoed, wat SPOED ‘n rol begin speel. En vele kere het selfs roekeloosheid/nalatigheid (vergeet spoed) NIKS met ‘n ongeluk te doen nie. Wat doen jy as jy teen 60kpu ry, en ‘n aankomende voertuig (ook teen 60kpu) se band bars, en die bestuurder verloor beheer oor sy motor en die voertuig swaai reg voor jou in……? Hoe dink julle voel daardie bestuurders dan (as hulle dit oorleef) om te moet lees dat “hulle seker weer gejaag” het…..?

Rika ·

Elize as jy kyk na die wrakke was daar nie tyd vir voorkomende reaksie toe die voertuig beheer verloor het.

cobusp ·

Elize, spoed, alkohol en die totale onvermoe om te kan bestuur (dit sluit in die verontagsaming van padreels en regulasies)………Daars jou driehoek wat bydrae tot die meeste ongelukke en dood op ons paaie.

Kleintjie ·

Mooi vir jou Elize. Ek stem volkome saam. Ek het al gevind dat wanneer ek vinniger ry as mormaal ek BAIE, BAIE wakkerder is as wanneer ek stadig ry. Soms voel dit of ek swakker konsentrasievermoë het as ek stadig ry.

Cherokee ·

Vreemd wanneer na die meer helder foto gekyk word, dat die versperring na binne gebuig is asof dit vanaf die anderkant getref is. Tog is geen voertuig daar deur nie want dit blyk steeds heel te wees. Miskien het iets dit gehaak en gepluk. Daardie botsing blyk met ‘n geweldige impak gebeur het veral in ag genome dat al drie voertuie (basies) in dieselfde rigting beweeg het.

Ido ·

R.I.P Jong meisiekind,Wat n jammerte.
Sterkte aan die ouers, Ouma`s en Oupa`s asook die res van die familie.

Tiger ·

Ons het feitlik stil gestaan toe ons van agter af in vas gejaag is op ‘n grondpad .My man wou regs in draai by ‘n boer .Ek sal aan enige een wat sy epos adres verskaf ‘n foto van ons motor se wrak stuur dan se julle vir my hoe vinnig min of meer na jul skatting het daai man IN ‘n DIGTE STOF WOLK agter in ons vas gery.Het hy ‘n spoed gehandhaaf wat die toestande regverdig het was ek nie in die onbeholpe toestand waarin ek nou (na 3 jaar!) is nie.Julle kan se wat julle wil: te hoe spoed VERERGER enige ongeluk .
In hierdie ongeluk wil dit voorkom asof die Audi ook van agter af in gery is.Ongelukkig is die fotos hopeloos te onduidelik afgeneem.Skote van die kant af sou meer duidelikheid kon verskaf so ek wil my nie probeer uitlaat oor wat gebeur het en hoekom nie.Ons meegevoel aan die families van die oorledenes en beste wense vir die beseerdes.

se net ·

Jong julle het seker nog nie gesien hoe jaag mense hier op ons KZN paaie asof hulle die paaie besit nie. Die ouma en oupa en kleinkind is of van die paf af gedruk of hulle is van voor geslaan. Want ek kan uit ondervinding sommer ook raai wie in die ander voertuig was en die ouderdom van die bestuurder. Klink seker bietjie asof ek die mense veroordeel maar ek bestuur te gereeld op die paaie en dit is altyd dieselfde ouense wat mense se lewens kos. Ek is net mooi moeg vir die nonsens. Spoed maak dood. Wag totdat jy iemand vir wie jy lief is moet begrawe wat niks minder as vermoor is op die pad nie.

Cherokee ·

Die Gautengers ry hier op ons KZN paaie asof dit Gauteng (of Kayalami) is.

sarie van heerden ·

Cherokee, ek is ‘n Pretorianer wat gereeld afry Margate toe na my plek toe en ALwat ek gereeld sien is GP motors wat links hou wanneer hul stadig ty en verder jaag Natalse motoriste soms met onpadwaardige verwaarloosde motors by ons verby.. Kyk maar dan of al hul agterligte brand! Ons het baie foute maar kyk maar hoeveel Suidkusogelukke haal die media.

Cherokee ·

Sarie, dit wat vir jou lyk na onpadwaardige en verwaarloosde motors is Porches, Spyders en Ferraris wat deur Durban se roes bygekom is. Jy dink as daar nie meer ‘n deur is nie, is dit verwaarloos? Nee Sarie, die roes is kwaai hier en my kar se dak is nie afgeroes nie, dit het so uitgekom! Toe ek by jou verby gery het, het ek die frons gesien. Die karre hier is topless.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.