Twee sterf in trompop botsing in KZN

Foto; Netcare911

Foto; Netcare911

Twee mense is Donderdag dood in ʼn ongeluk tussen drie voertuie op die N2 in Prospecton, KwaZulu-Natal.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, sê ʼn Volkswagen Polo, Nissan Navara-bakkie en ʼn vragmotor was in die botsing betrokke.

Hy het gesê die voertuie het mekaar glo reg van voor getref. “Twee mans is op die toneel dood en nog ʼn man is ernstig beseer. ʼn Vrou het kritieke beserings opgedoen.”

Botha sê die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese sorg. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.