Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, sê ʼn Volkswagen Polo, Nissan Navara-bakkie en ʼn vragmotor was in die botsing betrokke.
Hy het gesê die voertuie het mekaar glo reg van voor getref. “Twee mans is op die toneel dood en nog ʼn man is ernstig beseer. ʼn Vrou het kritieke beserings opgedoen.”
Botha sê die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese sorg. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.