Twee sterf in trompop botsing in Limpopo

Die ongelukstoneel. (Foto: ANA)

’n Saak van strafbare manslag word ondersoek nadat twee mans Saterdagmiddag in ’n trompop botsing op die R101 buite Naboomspruit in Limpopo gesterf het.

Konst. Maphure Manamela, woordvoerder van die polisie, het gesê ’n grys Volkswagen Polo was onderweg vanaf Mokopane (voorheen Potgietersrus) na Gauteng, toe dié voertuig omstreeks 15:00 reg van voor met ’n vragmotor gebots het.

Twee mans, albei insittendes van die motor, is opslag dood, het Manamela gesê.

Drie insittendes van die vragmotor is ook in die voorval ernstig beseer en is na ’n nabygeleë hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Die oorsaak van die botsing is nie in die stadium bekend nie en die polisie ondersoek die voorval, het Manamela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Oordeel ·

Niemand van Ons het die reg om te oordeel nie. Julle was nie daar nie.
Oog getuies se die VW het beheer oor sy voertuig verloor en dis toe hy in die trok vas is.
Enige iets kon daar verkeerd gegaan het. Julle weet nie hoe gebreuk is daai mans se familie en vriende nie. Ek weet my vriend was nie n onverskuldige mens nie. Hy was altyd versigtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.