Twee sterf in trompop botsing op Delmaspad

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Twee mans is Maandagoggend dood en vyf mense beseer in ʼn botsing reg van voor op die R50 Delmaspad naby Moreletapark, oos van Pretoria.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ‘n motor en ‘n afleweringsvoertuig het teen mekaar gebots. Die motor het teen ‘n versperring tot stilstand gekom terwyl die afleweringsvoertuig teen ‘n wal af gery het.

Volgens Steinmann is twee mans op die toneel dood verklaar. Nog ‘n man is kritiek beseer en is na ‘n hospitaal gehaas vir dringende mediese behandeling. Steinmann het gesê vier mans het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle ook na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere behandeling.

Verkeer op die Delmaspad is erg ontwrig. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

My mening ·

Ek ry daardie pad elke dag werk toe en huis toe en die mense jaag soos maniakke. Niemand gee om vir sper-strepe of aankomende verkeer nie, almal jaag net asof die wind agter hulle is!!

sylvia ·

blykbaar het die ou in die swart BMW selfmoord gepleeg hy het reguit op die trok af gejaag. hkm as jy selfmoord pleeg ander onskuldige mense se lewens ook wil neem. daar is baie maniere om dit te doen hkm n ongeluk veroorsaak

CHRISTA ·

Hulle dink omdat hulle ‘n BMW ry hulle vining genoeg ‘n voertuig kan verbysteek terwyl aankomende verkeer amper op hulle is. Ek ondervind dit ook gereeld op Pretoriaweg in Kemptonpark.

herman ·

Het dit vanoggend gebeur? As dit het het die BMW vanoggend verby my gejaag in Delmas se rigting en toe op n stadium omgedraai en terug gery Moreletta se kant toe. Gewonder hoekom jaag hy so om dan net om te draai.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.