Twee sterf in tronkbrand

Argieffoto

Argieffoto

Twee gevangenes is dood en ses beseer nadat ʼn brand Saterdag in die vroeë oggendure in ʼn sel, waarin agt mense was, gestig is by die Belfast-gevangenis in Mpumalanga.

Die provinsie se departement van korrektiewe dienste het gesê voorlopige ondersoek dui daarop dat die brand net ná middernag gestig is.

“Die vinnige optrede van tronkbewaarders het verskeie mense se lewens gered, want die brand is geblus voordat dit na die ander selle kon versprei,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Van die ses gevangenes wat beseer is, het twee ernstige brandwonde opgedoen. Hulle is na die Witbank-staatshospitaal geneem waar hulle steeds behandel word. Die ander vier is na die Belfast-hospitaal geneem en is reeds ontslaan nadat hulle vir rookinaseming behandel is.

Die motief vir die brandstigting is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

frik ·

Lyk vir my of hulle wou ontsnap deur die vuur te begin wou almal se aandag aftrek met vuur en ontsnap

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.