Twee sterf in Vanderbijlpark-botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mans is Dinsdagoggend dood toe drie motors op die Goue Hoofweg in Vanderbijlpark gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn sportnutsvoertuig, ʼn bakkie en ʼn motor was in die gru-botsing betrokke en wrakstukke van die voertuie het oor die pad versprei gelê.

Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle gesien dat die bestuurder van die sportnutsvoertuig reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk het. Die bestuurder van die motor was steeds in sy voertuig vasgekeer en in ʼn kritieke toestand. Paramedici het hom uit die wrak verwyder en onverpoos gewerk om hom weer by te bring, maar hy het oomblikke later ook op die toneel gesterf.

Volgens Meiring het twee ander pasiënte op die toneel matige beserings opgedoen en is per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die polisie sal die oorsaak van die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nicolette ·

Dis absoluut tragies….ons meegevoel aan die familie van die oorledenes….sterkte aan die ander wat beserings opgedoen het…n botsing bly n lelike ding.ASSEBLIEF MENSE BESTUUR VEILIG

Se maar net ·

Ek is vanoggend daar verby toe dit net gebeur het. Genade, eers gedink dis net ‘n bakkie betrokke, nou sien ek eers daar is nog 2 voertuie! Dit was stik-donker toe dit gebeur het, mens kon niks sien nie. My hart was so seer, ek het nog nooit soveel emosie beleef soos vanoggend toe ek daar verby is nie.

R.I.V, sterkte aan die families!

Tiger ·

Ons het ons rygewoontes so aangepas dat ons net ry as die absoluut NODIG is en ons doen dan soveel dinge as wat ons kan en bly so van die paaie af.Dis al wat ons veiligheid bietjie verbeter.Ons paaie is slagpale.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.