Twee sterf in vliegtuigongeluk by Hartbeespoortdam

Foto: ER24

Twee mans is dood toe ʼn klein vliegtuig naby Hartbeespoortdam in Noordwes neergestort het.

“Soek- en redding en die SAPD was reeds op die toneel toe paramedici van ER24 om 12:30 by die toneel opgedaag het,” het Ross Campbell, woordvoerder van ER24, gesê. “Die twee mans is dood aangetref in die wrak.”

Dit is nog nie duidelik wat aanleiding gegee het tot die ongeluk nie. Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gert ·

Die vliegtuig het Vrydag nag 19:00 geval toe is dit in geroep deur CPF Mmakau sector 1 nie Saterdag 12:00 vliegtuig is Saterdag oggend gevind

Jan Lemmer ·

Die gebied is die De Wildt Landelike gebied en omtrent 25km vanaf Hartebeespoort. Gebied is Noord van die Magaliesberg en die dam is aan die suidekant. Maak asb seker van die feite.

Elvine ·

Sjoe,wat nare tragedie,siestog!
Baie sterkte aan die naasbestaandes, van dié twee mans

Chris Ws ·

Wat ‘n tragiese voorval.Simpatie met die mans se naasbestaandes.Om ‘n noodlanding te moet doen hou juis gevare in maar om dit nog in die donkerte te doen maak dit net soveel erger want jy kan net nie mooi sien waar die grond is en of daar opstruksies voor jou is nie.Baie moeilik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.