Twee persone is dood nadat ʼn ligte vliegtuig ongeveer 10 km buite Lanseria Internasionale Lughawe op die R512 neergestort het.
Braam Kruger, woordvoerder van Emer-G-Med, het in ʼn verklaring gesê paramedici is net na 16:30 na die toneel ontbied. “Volgens getuies het die vliegtuig net nadat dit opgestyg het, ʼn noodsein gestuur,” lui die verklaring. “Twee insittendes, glo ʼn man en ʼn vrou, het reeds aan hul beserings beswyk voor paramedici by die toneel opgedaag het. Hulle is op die toneel dood verklaar.”
Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het bevestig paramedici en ander nooddienste is op die toneel. Die Lanseria-brandweer was ook op die toneel om die brand te blus.
Die oorsaak van die ongeluk is onbekend. Die burgerlike lugvaartowerheid en Suid-Afrikaanse Polisiediens stel ondersoek in.
2 Killed in light aircraft crash 10km from Lanseria https://t.co/GDoJe2KKEn @Netcare911_sa #ArriveAlive #PlaneCrash pic.twitter.com/WLtjUIhEtD
— Arrive Alive (@_ArriveAlive) March 7, 2016
Plane crash on R512 Lanseria Road – small aircraft pic.twitter.com/TVD7ny7d1i
— Nigel van Tura (@internaut_za) March 7, 2016
Airplane crash 8km from Lanseria leaves 2 dead. @randburg_sun @EWNTraffic @news24 @eNCA https://t.co/d6Lv2kI7ea pic.twitter.com/ahZ5Myipeo
— EMER-G-MED (@EMER_G_MED) March 7, 2016
Pipers is nou maar eenmaal NIE die veiligste vliegtuigies nie.
Na ‘n duideliker foto verskyn het sien mens duidelik in foto van die smeulende wrak van die vliegtuigie in die agtergrond ‘n windkous!Dit beteken daar is ‘n landingstrook – is dit dalk waar hy vanaf opgestyg het en toe probleme ondervind het??Ai dis tragies dat mense so’ hul lewens moet verloor.My simpatie gaan uit na die naasbestaandes.Vlieg bly 100 maal veiliger as om met ‘n motor te ry op ons paaie!