Twee sterf in vliegtuigongeluk naby Polokwane

Foto: @Halo_Aviation, Twitter

Twee mans is dood toe hulle Vrydagaand met hul ligte vliegtuig in ‘n krans van die Ysterberg tussen Mokopane en Polokwane vasgevlieg het.

“Die polisiehelikopter het daarheen gevlieg en ons poog tans om die liggame uit die wrak te bevry,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie in Limpopo gesê. Volgens Otto het die ongeluk Vrydagaand omstreeks 22:00 plaasgevind nadat die vliegtuig van Wonderboom-lughawe in Pretoria opgestyg het.

Halo Aviation het bevestig dat dit ‘n Cessna 172-vliegtuig was. Maroela Media verneem dit is vlieëniers van Loutzavia-vliegskool wat na Polokwane onderweg was om nag-vliegure op te bou.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

louise ·

Jare der jare terug, ek was sommer nog baie klein het daar ook ‘n vliegtuig in daardie selfde berg vasgevlieg, as kinders was dit vir ons amper ‘n avontuur as ons daar verby ry om die te kyk na die merk waar hy vasgevlieg het, ons het in ou Pietersburg gebly, dit sal nogal interessant wees as ons dalk iets daarvan kan te wete kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.