Twee sterf in Vrystaat-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is dood en twee mense beseer nadat ʼn ligte afleweringsvoertuig Maandagaand in Brandfort in die Vrystaat omgeslaan het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in Voortrekkerstraat plaasgevind. “Dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie, en die polisie stel ondersoek in,” het Steinmann gesê. “Die bestuurder en ʼn ander man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die bestuurder is uit die voertuig geslinger toe dit omgeslaan het.”

Twee ander mense het ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.