Twee sterf ná bakkie in kloof beland

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

Twee mense is Maandagaand dood en agt beseer nadat die bakkie waarin hulle gery het omstreeks 20:00 naby Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal gerol en in ʼn kloof beland het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die bakkie het tien persone vervoer. “Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor. Die voertuig het die pad verlaat, teen ʼn steilte af gerol en in ʼn kloof beland,” het Botha gesê.

Die passasiers wat agterop die bakkie gesit het, is uit die voertuig geslinger. Twee mense is op die toneel dood verklaar, vier het ernstige beserings opgedoen en vier is gering beseer. Hulle is na nabygeleë hospitale in die gebied geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.