Twee sterf na girokopter neerstort

Die ongelukstoneel. Foto: @Herald Port Elizabeth op Facebook.

Die ongelukstoneel. Foto: Herald Port Elizabeth op Facebook.

Twee mense is dood nadat ʼn girokopter Woensdagmiddag naby die Uitenhage-lughawe in die Oos-Kaap neergestort het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê volgens ooggetuies het die girokopter glo in digte bosse neergestort en aan die brand geslaan. Brandbestryders was reeds besig om die vlamme te blus met paramedici se aankoms op die toneel.

Volgens Botha is twee mense op die toneel dood verklaar. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die Burgerlugvaartowerheid ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.