Twee sterf ná motor teen boom bots

Die ongelukstoneel (Foto: Verskaf)

Twee mans is dood nadat hul motor Maandagoggend teen ’n boom in Houtkopweg in Vereeniging, Gauteng, gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê nooddienste is na die toneel ontbied waar die liggaam van ’n man buite die wrak van ’n motor aangetref is. By paramedici se aankoms was beamptes van die provinsiale nooddienste reeds op die toneel en het hulle die man dood verklaar.

’n Tweede man is in ’n kritieke toestand na die Sebokeng-provinsiale hospitaal gehaas. Hy het egter kort ná sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Owerhede was op die ongelukstoneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

leser ·

as dit die enigste motor in die ongeluk is en dit lyk so, is spoed die oorsaak en/of ‘n persoon wat nie kan bestuur of vol alkohol of “drugs” was

Nets ·

Jammer aan die families vir julle verlies! Tweedens is al wat ñ straatnaam al verander in SA nou wat nou ? Derdens hoe ry jy in ñ 60 zone ñ motor dat hy so lyk?

En nou? ·

Ek neem aan een van die dinge wat die bestuurder verkeerd gedoen het was om te vinnig te ry.

Jozi ·

Ek is nogal geneig om saam te stem. Nie heeltemal seker van my feite nie, maar ek dink die spoed is 60 of 80 km per uur daar.

Elna ·

Dis 60km per uur ekt nou onlangs daar gery en het n boete van R400 gekry omdat ek ook gedink het ek kan 80 kmp/ u daar ry en ek het 75 km p/u daar gery die spoedgrens bordjies is min op daardie pad en dis baie misleidend.

Lindtjies ·

Seker oop bek loshande gery. Hoe ry mens in ‘n boom vas. ‘n Boom groei mos nie in die pad nie.

jaco ·

di ongeluk was sondagaand 19:30 +- het op dit afgekom n rukkie nadat dit gebeur het di een gedeelte van di pad was vir n uur toe gewees

Tokkels ·

Hoe ry jy met die agterkant van jou kar in ‘n boom vas????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.