Twee sterf ná motor trok tref

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

Twee mense is dood en twee kritiek beseer nadat ʼn motor Woensdagaand teen ʼn swaarvoertuig gebots het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het Donderdag gesê die botsing het op die R82 in Eikenhof, suid van Johannesburg, plaasgevind.

“Volgens inligting  van die toneel het die vragmotor regs in die R82-pad ingedraai toe die motor onder die sleepwa ingery het,” het Steinmann gesê.

Met die paramedici se aankoms het hulle die motor se wrak vasgepen onder die sleepwa aangetref.

“Twee mans was reeds dood. ʼn Vrou en ʼn kind is in ʼn kritieke toestand aangetref. Al vier mense moes deur die brandweer uit die motor se wrak gesny word.”

Die vrou is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem vir dringende behandeling. Die kind is met ʼn ambulans na ʼn hospitaal gehaas.

Die bestuurder van die vragmotor is ongedeerd.

Omstandighede rondom die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lynette ·

Die vragmotor het seker nie die geel weerkaatsende streep opgehad wat verpligtend is vir karavane, trokke ens. Niemand gehoorsaam die wet meer. Watter wet? Is daar nog so iets in ons land?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.