Twee sterf ná motorfiets en fiets bots

Die fiets en motorfiets wat gebots het. Foto: @limacharlie1 / Twitter

Die fiets en motorfiets wat gebots het. Foto: @limacharlie1 / Twitter

Twee mans is dood nadat ʼn motorfietsryer en ʼn fietsryer mekaar Donderdagoggend in Kaapstad getref het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die botsing op die Tokai-oprit na die M3-snelweg plaasgevind.

“Paramedici van ER24 en ander nooddienste is na die toneel ontbied. Met hul aankoms het hulle albei mans op die grasperk langs die pad aangetref,” het Meiring gesê.

Die fietsryer was reeds dood. Die motorfietsryer het ʼn paar meter verder gelê en geen tekens van lewe getoon nie. “Die metro se nooddienste het begin om kardiopulmonêre resussitasie (KPR) en gevorderde behandeling toe te pas en ER24-paramedici het hulle bygestaan. Hulle het vir 20 minute tevergeefs probeer om die man by te bring. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie en word deur beamptes ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jakes ·

Wat soek ‘n fietsryer op die M3? dis een van die Kaap se besigste paaie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.