Twee sterf ná motorfiets voetganger tref

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Twee mans is Donderdagaand dood nadat ʼn motorfiets ʼn voetganger in Muldersdrift, wes van Johannesburg, getref het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het in Hendrik Potgieterweg plaasgevind.

“Paramedici het die liggame van twee mans, die motorfietsryer en die voetganger, in die middel van die pad aangetref toe hulle by die toneel opgedaag het,” het Meiring gesê. “Die motorfiets se wrak was sowat 50 m verder.”

Albei mans is op die toneel dood verklaar.

“Na wat verneem word, het die voetganger nie die aankomende motorfiets gesien toe hy die pad oorgesteek het nie,” het hy bygevoeg.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Paula ·

Ek is gek oor motorfietse, maar ongelukkig bly spoed n probleem. Het selfs al amper in so n dilemma beland omdat die motorfiets nie gesien was nie en hopeloos te vinnig gery het en met vandag se motorfietse is daar ook nie klank hoorbaar op n ver afstand nie. RIP

Johan 2 ·

Dis baie tragies. Ek dink hul onderskat hoe vinneg mens aankom omdat dit n klein voertuig is..ek ry gereeld werktoe in Clayville en selfs teen 40km/h (en stadiger)loop hul gereeld voor mens in..ek weet nie meer nie, blits en toeter druk help ook nie altyd nie, ek klink al soos n taxi as ek daar ry.

Thea ·

Volgens my het die motorfietsryer die reg om op die pad te ry en is die pad nie daar vir voetgangers om dit oor te steek nie. Hemel daardie pad is so oop soos ‘n pad in die Karoo. Hoe kan die voetganger die motorfietsryer nie gesien het nie? Maar weereens, in Suid Afrika het die voetganger reg om snelwee, besige paaie ens oor te steek en die motorfietsryer moes eintlik vir die voetganger op die uitkyk gewees het en nie sy oe op die pad gehou het nie.

Karen ·

Vir ‘n geruime tyd al krap voetgangers my meer om as my mede motoriste!!
Baie van hulle kyk nie eers in jou rigting nie en loop net oor of kyk jou reg in die gesig terwyl hulle rustig oorloop en jy maar moet rem aanslaan.
Ek weet nie wat die presiese omstandighede rondom hierdie ongeluk is nie, maar dit bly maar hartseer as mens hulle lewe verloor….RIV

Christo Botha ·

as almal by die spoed grens hou sal baie minder
ongelukke gebeur! In beboude gebied ry jy nie iemand en jouself dood as jy 60km/h ry nie! Voetgangers hoort ook nie op die pad nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.