Twee sterf na reusehyskraan val

Foto: @IloveMtbRiding op Twitter.

Foto: @IloveMtbRiding op Twitter.

Twee mense is dood en talle beseer nadat ʼn reusehyskraan by ʼn konstruksieterrein by die Abengoa-sonkragplaas in Upington in die Noord-Kaap ineengestort het.

Jacques September, woordvoerder van die polisie, het aan die SAUK gesê ʼn 26-jarige vrou is op die toneel dood. Volgens September is ʼn 31-jarige man later in die hospitaal oorlede. Vier mense is intussen steeds in ʼn kritieke toestand in die Upington-hospitaal. ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Die voorval het Maandagmiddag by die Khi Solar One-konstruksieterrein plaasgevind. Abengoa het aan Maroela Media gesê al die werkers werk vir maatskappye wat projekte doen vir hulle. “Abengoa wil graag sy opregte spyt uitspreek vir die verlies van die werknemers, asook sy steun en solidariteit met hul families. Net so wil ons graag ons volle ondersteuning stuur aan die beseerdes en hul families, en ons wens hulle ‘n spoedige herstel toe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.