Twee sterf ná trok knipmes, omslaan

Nooddieste op die toneel. Foto: Verskaf

Nooddieste op die toneel. Foto’s: Verskaf

Twee mense is dood en twee beseer nadat ʼn swaarvoertuig wat ʼn graafmasjien vervoer het, Donderdagaand in Mpumalanga omgeslaan het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het Vrydag gesê die ongeluk het op die N4 naby Ngodwana plaasgevind.

“Die vragmotor het vermoedelik geknipmes en omgeslaan. Met die nooddienswerkers se aankoms is die vragmotor op sy dak aangetref en die graafmasjien ʼn paar meter verder,” het Bodasing gesê.

Die graafmasjien  wat vervoer is.

Die graafmasjien wat vervoer is.

Bodasing het gesê drie mense was in die kajuit van die vragmotor vasgepen en moes deur die brandweer uit die wrak gesny word. “Twee mense, ʼn man en ʼn vrou, was reeds dood. Die derde persoon het ernstige beserings opgedoen en ʼn vierde persoon het geringe beserings opgedoen.”

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling en waarneming.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Piet Pompies ·

Die swaarvoertuig het op die Kaapsehoop pad gery in die rigting van die N4, hierdie pad het verskeie steil afdraendes en soos gesien kan word op ‘n video clip het die voertuig se remme ingegee en as gevolg van die spoed het die voertuig met sy vrag by die draai omgeslaan en sy vrag afgegooi. Die momentum van die voertuig het veroorsaak dat hy onderstebo geskuur het en die perd gedeelte geknipmes het. Die kruising gesamentlik met die steil afdraendes van Kaapsehoop se kant af veroorsaak dat hier gereeld sulke ongelukke plaasvind. Die owerhede moet aandag skenk aan die situasie en ‘n noodstop oprig vir swaar voertuie van die Kaapsehoop pad af.

T0M ·

HOEVEEL mense was altesaam in die trok?
Daar moes nie meer as 2 wees nie.

Die assuransiemaatskappy sal baat daarby om hierdie storie noukeurig te ondersoek.

Landie ·

Kyk maar net hoeveel trokke laai “dames” langs die pad op!! Ek kan woedend word as hulle voor my remme aanslaan om iemand langs die pad op te laai. Het hulle lisensies om passasiers te vervoer? Het hulle toestemming van hulle maatskappy bestuurder/logistieke hoof om passasier op te laai? Word hulle betaal deur die passasiers?? En dan jaag hulle ook nog soos maniakke dat ‘n gewone motor nie eers verby hulle kan kom nie. Daar is geen manier as hy met ‘n spoed teen ‘n afdraande gaan hy betyds gestop gaan kry nie, geen manier nie. Haal hulle af van ons paaie af, daar is ‘n treinstelsel, gebruik dit!!!

Rina Pretorius ·

Dis maklik om te se haal hulle van die pad af maar dis nie so eenvoudig nie, kosvoorrade word aangery, kole word aangery, containers van die skepe af word aangery en dit alles voorsien mense van werk om hulle gesinne te kan versorg, EEN verskil, TOETS die bestuurders en doen navraag oor hulle rekords, traine ry nie orals nie dit moet julle verstaan, bv Parys in die Vrystaat het geen trein dienste nie so wat daar gemaak om voorraad daar te kry, Eskom doen moeite om kole by die kragstasies te kry, Majuba is tans besig om ‘n spoorln te bou van Ermelo af en Tutuka kragstasie het ook ‘n spoorlyn gebou en so ook Grootvlei kragstasies

neelsie ·

Kontroleer die swaarvoertuie 100%.
Teen die spoed wat swaarvoertuie ry , kan sulke ongelukke verwag word.
Wetstoepassers doen nie hulle werk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.