Twee sterf, nog 2 beseer in botsing

Foto: ER24

Twee mense is dood en twee ander beseer toe ʼn bakkie Maandagoggend teen die agterkant van ʼn vragmotor gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die P185 tussen Secunda en Skyhill in Mpumalanga plaasgevind.

ER24 het saam met ander nooddienste by die toneel opgedaag en die bakkie en die vragmotor aan die kant van die pad aangetref.

“By nadere ondersoek het paramedici ʼn vrou vasgekeer in die bestuurdersitplek van die bakkie aangetref terwyl ʼn meisie, vermoedelik 13 jaar oud, in die passasiersitplek aangetref is. ʼn Seun, glo 17 jaar oud, het ʼn kort entjie van die bakkie af gelê en ʼn ander seun, glo 9 jaar oud, het op die toneel rondgeloop,” het Meiring gesê.

Paramedici het die beseerdes ondersoek en gevind die meisie en die 17-jarige seun het veelvuldige beserings opgedoen en hulle is op die toneel dood verklaar.

“Die ma is ondersoek en daar is vasgestel dat sy in ʼn kritieke toestand is. Die seun het matige beserings opgedoen.”

Paramedici het die beseerdes behandel en hulle na die Evander- provinsiale hospitaal vervoer vir mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Angie ·

Opskrif sè vrou en kind oorlede, maar berig sè meisie en seun oorlede, vrou hospitaal toe.

Tania Heyns ·

Dagsê Angie

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Secunda inwoner ·

Hi Maroela media, die ongeluk het plaasgevind tussen Secunda en Skyhill, nie Skyfall nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Secunda inwoner

Ons vra om verskoning vir die fout. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.