Twee sterf op gru-ongelukstoneel

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee vroue is dood en nege mense beseer nadat die kant van ʼn minibustaxi heeltemal oopgeruk is tydens ʼn botsing Donderdagoggend naby Pietermaritzburg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die taxi het vermoedelik reg van voor met ʼn vragmotor gebots op die R603 net buite Eston. Met paramedici se aankoms op die toneel het die liggaam van ʼn vrou wat in die botsing gesterf het ʼn paar meter weg van die taxi af gelê.

“Van die beseerdes was nog in die taxi vasgekeer. Een van hulle was ʼn vrou wat kritieke beserings opgedoen het,” het Meiring gesê. “Reddingsdienste moes meganiese toerusting gebruik om die pasiënt uit die voertuig uit te sny. Ongelukkig het sy ʼn hartaanval gehad voordat sy bevry kon word en is op die toneel dood.”

Nog nege mense, van wie drie in ʼn kritieke toestand was, is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na verskillende hospitale gehaas is.

Die polisie sal die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Veritas ·

Verbeel ek my of is die Durban/PMB-area te veel in die nuus agv taxi-ongelukke? Feitlik daagliks noodlottige ongelukke waarby taxis betrokke is.

Jan maak n plan ·

Maar wat my bekommer is dat dit alweer die mees algemeenste twee sondebokke in ongelukke is naamlik swaarvoertuie en taxis is. Ek dink dit is ook n punt wat op die statistieke aangebring moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.