Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die taxi het vermoedelik reg van voor met ʼn vragmotor gebots op die R603 net buite Eston. Met paramedici se aankoms op die toneel het die liggaam van ʼn vrou wat in die botsing gesterf het ʼn paar meter weg van die taxi af gelê.
“Van die beseerdes was nog in die taxi vasgekeer. Een van hulle was ʼn vrou wat kritieke beserings opgedoen het,” het Meiring gesê. “Reddingsdienste moes meganiese toerusting gebruik om die pasiënt uit die voertuig uit te sny. Ongelukkig het sy ʼn hartaanval gehad voordat sy bevry kon word en is op die toneel dood.”
Nog nege mense, van wie drie in ʼn kritieke toestand was, is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na verskillende hospitale gehaas is.
Die polisie sal die ongeluk ondersoek.
Verbeel ek my of is die Durban/PMB-area te veel in die nuus agv taxi-ongelukke? Feitlik daagliks noodlottige ongelukke waarby taxis betrokke is.
Op en wakker verslaggewer vir daardie area.
Maar wat my bekommer is dat dit alweer die mees algemeenste twee sondebokke in ongelukke is naamlik swaarvoertuie en taxis is. Ek dink dit is ook n punt wat op die statistieke aangebring moet word.