Twee sterf op vissersboot aan Weskus

Storm_weer_see_rotse_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Twee vissermanne is Vrydag by die hawe in Yzerfontein aan die Weskus dood verklaar kort nadat hul vissersboot die hawe bereik het.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) sê in ’n verklaring sy span en die polisie is net voor 10:00 in kennis gestel van ’n boot met agt bemanningslede, waarvan twee vermoedelik dood was, wat op pad is na die hawe.

Medici van die NSRI het die visserboot by sy aankoms in die hawe ontmoet. ’n Dokter, wat in daardie stadium toevalling op die hawe was, het ook hulp verleen. Die twee vissermanne is dood verklaar.

Die presiese omstandighede rakende hul dood is nie in dié stadium duidelik nie.

Luidens die verklaring is die liggame in die provinsiale forensiese patologiedienste se sorg gelaat terwyl die polisie ondersoek instel.

’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.