Twee sterf in paramotor-ongeluk

Paramotor Foto: Wikimedia

Paramotor Foto: Wikimedia

Twee mans, in hul 50s, is Saterdagmiddag dood toe hul paramotor ʼn berg in Howick, KwaZulu-Natal, getref het.

“Dit is nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. Hy het gesê plaaslike owerhede was op die toneel om die ongeluk te ondersoek.

Paramedici het die mans dood aangetref langs hul klein, erg beskadigde tuig. Hulle moes van viertrekvoertuie gebruik maak om by die mans uit te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.