Twee sterf, talle beseer op paaie

‘n Ongeluk in Vereeniging het die lewe van ‘n vrou geëis. (Foto: ER24)

Verskeie ongelukke  het Saterdag die lewe van twee mense geëis en talle beseer gelaat.

In Rietspruit  is ʼn man in sy 40’s dood en ʼn bejaarde man en vrou beseer toe twee ligte voertuie op die N1 gebots het. “By hul aankoms op die toneel net voor 16:00 het paramedici besef dat ʼn man in een van die voertuie vasgevang is. Die bejaarde paar het op die toneel rondgeloop,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die man in die motor het egter reeds aan sy wonde beswyk. Die bejaarde paar is op die toneel vir ligte beserings behandel.”

ʼn Ongeluk in Vereeniging het die lewe van ʼn vrou geëis toe haar motor op sy dak langs die R59 beland het.

“Net voor 17:00 het paramedici van ER24 op die toneel aangekom en ʼn ligte motorvoertuig op sy sy aan die kant van die pad aangetref,” sê Meiring. Die liggaam van ʼn vrou is langs die motor aangetref. Sy is op die toneel dood verklaar.”

ʼn Paar minute later het ʼn tweede botsing ʼn paar meter van die eerste ongeluk plaasgevind toe ʼn bakkie en ʼn ligte voertuig gebots het. Twee mans en ʼn kind is lig beseer. “Die pasiënte is op die toneel behandel en toe na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Meiring gesê.

In nóg ʼn ongeluk, dié keer in Johannesburg, is 13 mense beseer toe ʼn taxi en drie ander voertuie Saterdagaand op die M1-Suid gebots het. “Paramedici het pasiënte op die toneel behandel. Drie van die motoriste was in ʼn ernstige toestand. Die ander het ligte beserings opgedoen,” het Meiring gesê. Die drie ernstig beseerde pasiënte is pynmedikasie toegedien voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cherokee ·

Haar liggaam is langs die motor aangetref.
Miskien dien veiligheidsgordels tòg ‘n goeie doel.

Casper ·

Is daai silver motor ‘n BMW.Ek dog dan BMW is so ‘n veilig voertuig.Duidelik het ek verkeerd gedog.

Chantel ·

Tragies is die bejaarde dame oorlede in die hospitaal en haar man in ICU

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.