Twee sterf toe bakkie rol

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Twee mans is dood nadat ʼn bakkie Saterdagmiddag op die R57 buite Sasolburg in die Vrystaat gerol het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 16:00 gebeur. Dit is nie duidelik wat die oorsaak van die ongeluk was nie, maar daar was slegs een voertuig betrokke.

“Netcare 911-paramedici is saam met ander nooddienste na die toneel ontbied. Die twee mans is egter op die toneel dood verklaar,” het Mathe gesê. Sy kon nie die ouderdom van die mans bevestig nie.

Die ongeluk sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.