Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 16:00 gebeur. Dit is nie duidelik wat die oorsaak van die ongeluk was nie, maar daar was slegs een voertuig betrokke.
“Netcare 911-paramedici is saam met ander nooddienste na die toneel ontbied. Die twee mans is egter op die toneel dood verklaar,” het Mathe gesê. Sy kon nie die ouderdom van die mans bevestig nie.
Die ongeluk sal deur die polisie ondersoek word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Dalk weereens ‘n voetganger wat oor die pad geloop het.