Twee sterf toe bakkie teen boom bots

Foto: Netcare 911

ʼn Man en ʼn vrou is dood en twee tieners beseer toe ʼn bakkie Saterdagoggend teen ʼn boom gebots het tussen Sasolburg en Heilbron in die Vrystaat.

Die voorval het omstreeks 5:30 op die R57 plaasgevind. Die bestuurder het glo beheer oor die bakkie verloor waarna dit teen ʼn boom langs die pad gebots het.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het paramedici dadelik die insittendes begin ondersoek en is ʼn man en ʼn vrou albei op die toneel dood verklaar.

“Twee tieners het albei ernstige beserings opgedoen en het dringende behandeling benodig. Hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir verdere behandeling.”

Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Die motorwrak skep die indruk dat die spoed te hoog was!?

Manie van Worcester ·

ag nee, se liewer niks, deesdae se karre frommel so op

Se net... ·

Daai pad bestaan uit potholes met bietjie teer om die gate

Sputnik ·

Tragies! Wat die kommentaar oor die spoed betref: Nee wat, ‘n stilstaande boom sal ‘n motor só kan beskadig teen enige spoed vanaf 70 km/u en hoër – sinnelose kommentaar.

SjN ·

Volgens foto het die voertuig baie meer as 70 km die boom getref.

Vraagteken ·

Daardie kommentaar is nie sinneloos nie. As daardie persoon stadiger gery het (indien hy vinnig gery het) dan sou hy heelwaarskynlik nie beheer oor die voertuig verloor het nie.

Moenie die resultaat oordeel nie, oordeel die oorsaak.

Chris Ws ·

Min mense besef presies hoe dodelik ‘n boom is.Jy kan veel eerder in ‘n ander voertuig vasjaag as in ‘n boom .Voertuie gee mee in ‘n botsing maar bome GLADNIE.Dis om soos teen ‘n beton muur vas te jaag.

kolla ·

Dit het my ook onmiddelik opgeval. Dis verbasend hoe gereeld dit gebeur, motor sal ‘n obstruksie tref wat in die middel van nêrens staan nie.

Mariaan ·

Dit klink soos n gesin….tragies..
Hoop die kids oorleef dit..

JustMe ·

Dit was die seun van die ouers en n vriendin. Albei was in Marais Viljoen Hoërskool. Die skool het vroeër vanaand dit op hul blad gesit.

DS ·

Weet enige een van julle wat so kommentaar lewer oor hoe vinnig hulle gery het wat die spoedgrens op daardie pad is. Verseker nie 60km/h nie. So los maar die “verwyte” en “aannames” bid eerder vir die kinders se herstel en vir hulle en die res van die familie vir die Here om hulle te vertroos.

Thomas ·

DS en Chris…. Presies. Jul haal die woorde uit my mond uit. Tot die regte feite nie beskikbaar is nie, bly by algemene feite. Of hou jou bek.

Antionette ·

VANDAG SE KARRE MENSE IS NIE 50 JAAR TRUG SE KARRE MENSE… DIS NIE NOODWENDIG SPOED, JY KAN LETTERLIK VANDAG SE VOERTUIE MET JOU VINGER INDUIK!

Jaco ·

Dis crumble zones met n harde binnekajuit, vandag se voertuie is BAIE veiliger as die van 50 jaar terug. Gaan kyk n bietjie op you tube waar hul botsingstoetse doen tussen ou voertuie en vandag se nuwe voertuie.

Es ·

Ek stem wat die gesin en familie nodig het is gebed nie veroordeling nie. Water is onder die brug, die skeidsregters se beslisings gaan nou niks verander nie. Ken julle tyd, vra vir Maroela dat jul n volledige verslag van die ongeluk n week of wat later kan indien.

Muffin ·

Ai sputnik jy is darem slim. Ek kan nie insien dat n persoon beheer verloor teen n spoed van 70kms per uur en n voertuig so beskadig nie. Dit was maar volgens my spoed.

Koos de Meyer. ·

As die pad vol slaggate is soos meestal van ons sekondêre paie is, is enige iets moontlik. Daar sal altyd mense wees wat op die wal staan en beter weet.

Kangebeur ·

Ek het teen ‘n spoed van minder as 60 beheer oor my kar verloor agv swart ys op die pad, ek het ‘n muur getref en as jy na my en my kar gekyk het sou jy sweer ek het gejaag. So mense, dit kan gebeur dat die motor en die mens erg beskadig word ten spyte van hoë spoed. RIV aan die oorledenis en baie sterkte aan die hartseer geliefdes ❤️

Tdt ·

Dit is n ma en pa en hul seun en die seun se vriendin. Die ma en pa wat oorlede is laat nie net n beseerde seun agter nie maar ook n dogtertjie van 7. Die pad is ongelooflik gevaarlik sonder beligting. Hulle was nie net ouers van 2 kids nie, maar self kinder van n verpletterde pa/oupa. Niemand van ons was daar nie, so hou eerder aanmerkings en spekulasie vir julself en bid vir die familie

Boesman ·

Mense, die oorsaak is baie waarskynlik veroorsaak deur slegte pad toestand, tyd vd dag, miskien n tweede voertuig van voor. Maak dan nie saak of dit 70 of 110 km/u is nie. Dit is bitter gevaarlik op die sêkondêre paaie. Ons bid vir die familie van oorledenes.

Kraai ·

Sterkte aan al die familie. Vandag se mooi en vinnige voertuie is nie meer so veilig soos die jare toet se voertuie nie. Ons paaie is ook nie veilig nie, en die mees ongeduldigste bestuurders ,

Trojaanse Donkie ·

Al weer ‘n bakkie of nuts voertuig, ek wens net dat die bestuurders van die voertuie self kan sien hoe hulle op paaie bestuur

Blommie ·

Wil ook net n klip in die bos gooi om te se mense is gou om te se spoed. Wat van die mense wat 20km/h op die pad ry met die armpie by die ruit uit op n hoe spoed pad met hope verkeer agterna.
Wat van dit! Dis wanneer mense ongeduldig raak is deur mense wat probeer snaaks wees op die PAD! As jy nie die padreels kan gehoorsaam VINNAG of STADIG bly van die pad af.
RIV en sterkte aan die wat agter bly

AH ·

Ek lees die kommentare en dit val my op dat mense oordeel eerder as om te dink “wat ‘n tragiese ongeluk” dit kon ek gewees het……

‘n Bietjie meer simpatie en begrip vir jou medemens sal ver gaan…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.