Twee sterf toe bakkie van brug tuimel

Twee mense is in die ongeluk dood en talle ander is ernstig beseer. (Foto: Emer-G-Med)

Twee mense is dood en minstens sewe ander beseer in ʼn gru-ongeluk op die N3 naby die Brickfieldweg-afrit in Mayville, KwaZulu-Natal. Die ongeluk het Maandag kort na 19:00 plaasgevind.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê die bakkie met passasiers het verskeie kere op die N3 gerol en op ʼn pad onder die brug te lande gekom.

Volgens Garrith Jamieson, verbonde aan ALS Paramedics, is die meeste van die passasiers van die voertuig geslinger.

Die bestuurder, ʼn man in sy 30’s, is in die voertuigwrak vasgekeer en is op die toneel dood verklaar. ʼn Vrouepassasier, vermoedelik in haar 20’s, is ook noodlottig beseer.

Jamieson sê sewe ander mense het kritieke beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn Durbanse hospitaal vir verdere behandeling gehaas is.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rian ·

Ondersoek of die bestuurder n wettige bestuurslisensie gehad het al dan nie.

Mallie ·

Daar moet n wet wees wat jou verbied om enige persoon / dier te voer op n oop voertuig. Die meeste noodlottige beserings is as gevolg van voertuie wat oop is en passasiers wat versprei langs paaie.

Barend ·

Passasiers het bly lewe. Bestuurder is dood. Maar ja daar is ‘n wet wat passasiers in sekere omstandighede agterop ‘n vragbak verbied.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.